Gebed vir die Russiese volk

Bid dat die Russiese volk die volle waarheid oor die oorlog in die Oekraïne sal leer. Hul hoofbron van inligting kom van televisie in staatsbesit. Daar is 'n toenemende bewustheid van gelieg word onder die jonger mense wat aktief in sosiale media is. Waarheid maak vry, en dit kan 'n weerstand teen hierdie oorlog laat ontstaan wat Poetin nie kan ignoreer nie. Bid vir Russiese moeders! Vroeër of later moet die waarheid oor die toenemende aantal Russiese ongevalle uitkom. In 1994, nadat Tsjetsjenië probeer het om onafhanklikheid van Rusland te verkry, het die 'Komitee van Soldate-moeders' die sinnelose en bloedige oorlog teengestaan en in die gevegsone ingegaan om die weermag te konfronteer en te onderhandel. Baie soldate is vrygelaat om terug te keer huis toe. Die Oekraïense regering het reeds die Russiese moeders geroep om hul gevange seuns te kom haal. God kan die moeders in Rusland weer oprig as instrumente van vrede.