Print this page

Russiese voorbereidings om Oekraïne aan te val?

Rusland het meer as 92 000 troepe wat rondom Oekraïne se grense saamgedrom het en berei voor vir 'n aanval teen die einde van Januarie of begin Februarie, het die hoof van die Oekraïne se verdedigingsintelligensie-agentskap, brig-genl Kyrylo Budanov, gesê. Hy het gesê dat 'n aanval waarskynlik lugaanvalle, artillerie- en pantseraanvalle sal behels, gevolg deur lugaanvalle in die ooste, amfibiese aanvalle in Odessa en Mariupul, en 'n kleiner inval deur die naburige Wit-Rusland. Rusland se grootskaalse Zapad 21 militêre oefening vroeër vanjaar het bewys dat hulle meer as 3 500 lug- en spesiale operasie troepe op een slag kan laat val. Lloyd Austin, Amerikaanse minister van verdediging, het gesê: 'Die VSA sien steeds onrusbarende Russiese gedrag. Ons is nie seker wat mnr. Poetin besig is om te doen nie, maar hierdie bewegings het beslis ons aandag. Ek wil Rusland aanmoedig om meer deursigtig te wees en stappe te doen om aan die Minsk-ooreenkomste te voldoen. Ons steun vir Oekraïne se soewereiniteit en territoriale integriteit bly onwrikbaar.'