Katalonië het sy eie geskiedenis, taal en kultuur. Dit het beide 'nasionaliteit'-status en outonomie binne die Spaanse grondwet. Dit het ook 'n geskiedenis van nasionalistiese politiek. Op 1 Oktober was daar 'n referendum oor Katalaanse onafhanklikheid wat die Spaanse regering onwettig verklaar het. Katalaanse vrywilligers het stemlokale bewaak, nie van misdadigers nie, maar van die polisie. Sosiale media beelde beeld die Spaanse polisie uit wat nie-gewelddadige betogers skop, hulle by trappe afgooi, by geboue inbreek en Katalaanse polisie terughou wat kiesers probeer help het - polisie in 'n stryd teen mekaar! Die Spaanse polisie het daarin geslaag om die sluiting van 93 van 2 000 stemlokale af te dwing. In Spanje se Baskeland hou ander onafhanklikheidsgesinde mense fyn dop. ETA ('n Baskiese terreurgroep) respekteer al baie jare 'n wapenstilstand. Sommige wonder wat dit nou gaan doen. Spanje is 'n lidstaat van die Raad van Europa, wie se primêre rol is om demokrasie regdeur die vasteland te bevorder. Sien