Duitsland: invloed van AfD

Alternatief vir Duitsland (AfD), wat in 2013 gestig is, is 'n regse populistiese en Euroskeptiese politieke party. In 2016 het dit 'n alliansie met die Vryheidsparty van Oostenryk gesluit, met albei partyleiers wat gesê het grensbeheerbeamptes moet gewapende mag gebruik indien nodig om die grens te beskerm. Teen Mei 2017 het die AfD verteenwoordiging in 13 van die 16 Duitse staatsparlemente gekry. Nou het dit die derde grootste party in die Duitse parlement geword, deels omdat immigrasie die belangrikste verkiesingskwessie was. Naoorlogse Duitsland is multikultureel, verdraagsaam en liberaal: verafsku oorlog, en verdedig die omgewing, menseregte en internasionale spanwerk. MAAR die toestroming van meer as een miljoen Moslem-migrante, Rusland se dramatiese herlewing en Europa se voortdurende finansiële probleme wek ander gevoelens en aspirasies op. Hierdie emosies strook nie met die begeerte om verdraagsaam en multikultureel te wees nie. Baie sê dat 'n kragtiger, meer selfgeldende, meer angswekkende Duitsland aan die kom is.