Europa: terroriste wat hulle as migrante voordoen

Europa - - 25 Aug 2017 - Print - Email
Europa: terroriste wat hulle as migrante voordoen

Faiez Serraj, hoof van die VN-gesteunde eenheidsregering in Tripoli, het gesê dat Europa gevaar loop dat terroriste hulself as migrante voordoen, tensy westerse hoofstede Libië help om die getalle wat die Middellandse See oorsteek, te stuit. Hy het beweer dat voornemende terroriste onder die tienduisende mense was wat ongemerk na Italië oor sy oop suidelike grense beweeg. As dit die geval is, sal die hele EU geraak word. Sy kommentaar volg op verlede week se terreuraanvalle in Spanje, wat die polisie met radikale groepe in Noord-Afrika verbind het. Byna 98 000 migrante het vanjaar van Libië na Italië oorgesteek, amper soveel as verlede jaar, en daar is ten minste nog 700 000 in die land. Daar is duidelike bewyse van 'n hedendaagse slawehandel op hierdie roetes, en Italië se sosiale en demokratiese struktuur word bedreig te midde van groeiende openbare onverdraagsaamheid teenoor migrante.