'Christene en Moslem-bekeerlinge tot die Christendom het geen stem nie', sê pastoor Gottfried Martens, wie se kerk in Berlyn 'n 'inloopsentrum' is vir meer as 1 000 Christen-vlugtelinge. 'In die vlugtelinghuise leef baie Christene in vrees vir Moslems wat hulle verbaal en fisies teister, hulle aanrand, dreig en as ongelowiges of as diere behandel. Die Geopende Deure-organisasie doen nou ’n landwye opname in vlugtelinghuise en plaaslike gemeenskappe oor die omstandighede waaronder Christene moet leef, en die resultate sal onder die aandag van die publiek gebring word. Alhoewel koerante en televisie nou oor ernstige aanvalle berig, is daar 'n digte sluier oor die harte van ons mense sodanig dat daar geen uitroep teen hierdie misdade is nie. Ongelukkig praat die hoofkerke ook nie uit vir die regte van Christelike vlugtelinge en bekeerlinge van Islam nie.' Let wel: drie staatsverkiesings op 13 Maart is omskep in 'n soort referendum oor die kanselier se vlugtelingstrategie.