Print this page

Duitsland: Vryheid om te praat

Europa - - 19 Feb 2016 - Print - Email

Voorbidders in Duitsland skryf: 'Sedert die Parys-slagting, Istanbul-aanval en aanrandings in Keulen, het gevoelens van ongemak en vrees verskerp. Ons weet ook nou dat sekere inligting doelbewus deur amptelike bronne weerhou is om te verhoed dat burgerlike onrus in Keulen veroorsaak word. Waarheid het slegs aan die lig gekom deur naamlose polisiebeamptes wat onthul het dat daar 'n 'gag order' was om die vrystelling van inligting oor misdade wat deur migrante gepleeg is, te voorkom. Daar was 'n eensydige verslaggewingstrategie deur die media en politici om die publiek te laat dink dat hulle ten volle ingelig word. Maar die 'publiek' word nou uit ander bronne ingelig en sien deur die sluier van propaganda. Hulle het met woede betoog. Baie het niks gesê om nie daarvan beskuldig te word dat hulle regse ekstremiste is nie. Maar Christene het nie 'n gees van vrees nie, maar van krag en vertroue. Hierdie woord beteken ook 'vryheid om te praat'. Wie selfversekerd is, praat ook vry, sonder om aan vrees voor God en die mensdom toe te gee.'