Swede: Onder die gewig van baie duisende vlugtelinge

Europa - - 19 Feb 2016 - Print - Email

'n Sweedse Christen skryf: 'Swede wou nog altyd 'n ruim immigrasiebeleid hê en asiel toestaan aan almal wat dit nodig het. Daarom het baie vlugtelinge Swede binnegekom tydens die huidige golf. In 2015 was daar 163 000 wat asiel gesoek het – 'n groot getal vir 'n nasie met minder as 10 miljoen mense en baie meer per capita as enige ander EU-land. Daarom vind die infrastruktuur dit baie moeilik om te voldoen aan die eise vir verblyf, hantering van aansoeke, skoolopleiding in Sweeds en andersins, gesondheidsorg, validering van professionele persone en om mense te help om werk te kry. Die gevolg is 'n lang frustrerende wag van tot twee jaar vir die uitslag van 'n aansoek en 'n toename in geweld binne sowel as buite asielverblyf. Ekstremistiese groepe/individue wat teen die instroming van vlugtelinge gekant is, het asielverblyf aan die brand gesteek. Baie voorvalle word ook aangemeld van Christen-vlugtelinge wat aangeval en gedreig is. Die kerke neem die uitdaging aan en doen baie om te help, byvoorbeeld om vriende te maak, Sweeds te leer, aktiwiteite te reël.'

  • Pray: for the authorities to set wise policies; for the violence to be curbed; for everybody to accept each other, living side by side in peace. Pray also for all those who work extremely hard to make everything work. (Ps.31:6,7a)