Swede: volwassenes wat hulle as 'vlugtelingkinders' voordoen?

Terug in Julie 2015 het die Gatestone Institute berig dat die vinnigste groeiende vlugtelinggroep in Swede die sogenaamde onbegeleide vlugtelingkinders is. Die aantal kinders wat asiel soek het ontplof omdat kinders vinniger asiel toegestaan word as volwassenes, en Swede kan nie altyd die ouderdom van hierdie 'kinders' verifieer nie. Vlugtelinge word toegelaat om hul hele gesin na Swede te bring sodra hulle verblyfstatus gekry het - selfs al het hulle beweer dat hulle alleen in die wêreld was toe hulle aangekom het. Hierdie week is 'n 'kindervlugteling' gearresteer, wat daarvan aangekla word dat hy die Sweedse hulpwerker, Alexandra Mezher, vermoor het by 'n skuiling vir onbegeleide jong asielsoekers. Alhoewel hy beweer dat hy net 15 is, word hy daarvan verdink dat hy 'n volwassene is wat hom as 'n weeskind voordoen. Alexandra het glo vroeër gewaarsku dat sy na 'groot magtige ouens' van tot 24 jaar oud omsien. Mej Mezher se ma het gesê dat 'weeskinders' by die sentrum dikwels oor hul ouderdom gelieg het. Sien ook: