Die Duitse polisie het verlede Dinsdag meer as 200 mense in hegtenis geneem nadat gemaskerde regse ondersteuners amok gemaak het by 'n anti-Islamisasie-saamtrek van sowat 2 000 in die oostelike stad Leipzig. Die ekstremiste, wat aan die polisie bekend is as rampokkers, het amok gemaak tydens 'n optog deur ondersteuners van die anti-migrant Pegida (Patriotiese Europeërs teen die Islamisering van die Weste) beweging. Die 'vreedsame' betoging was 'n protes teen die Duitse kanselier Angela Merkel se oopdeur-beleid vir vlugtelinge. Duitse polisie het gesê terwyl anti-Moslem-ondersteuners vreedsaam in die middestad opgeruk het, het 'n aparte groep van 211 mense deur die grootliks linkse Connewitz-distrik gestap voordat hulle vuurwerke afgevuur het, versperrings opgerig en eiendom gevandaliseer het. Die boonste verdieping van een gebou het aan die brand geslaan. Sien ook artikel 3 in hierdie week se Britse Eilande-afdeling.