Print this page

Balkannetwerke

Europa - - 08 Jan 2016 - Print - Email

Balkan Networks is 'n groep Koninkryksgesinde mense wat binne die Balkan woon en werk. Hulle glo dat gebed, aanbidding, betekenisvolle dialoog en beslissende optrede eenheid in die liggaam van Christus, samewerking binne en tussen die Balkan-nasies, en werklike transformasie oor die hele streek kan bewerkstellig. Baie Christelike groepe is deel van hierdie netwerk, een van hulle is 'Die Huis van Gebed' in Skopje, Masedoniƫ. Hulle is nie 'n plaaslike kerk nie, maar 'n bediening wat funksioneer as deel van die Liggaam van Christus wat poog om Jesus te verheerlik en hulle broers en susters te versterk deur die plaaslike kerke te help en te inspireer om dieper gebedsbediening te ontwikkel, en op daardie manier 'n woonplek te word vir God wat verder gaan as die weeklikse twee-uur dienste. Dit is duidelik uit die geskiedenis dat herlewing kom as gevolg van mense wat in eenheid en nederigheid voor God saamkom om Hom te aanbid en Sy aangesig te soek. Sien ook: http://makhop.org/about/

  • Pray: for God to move in power across Europe, enabling Christian ministries. (Is. 40:29)