Brussel: Christene 'die mees vervolgde'

Europa - - 04 Des 2015 - Print - Email

In ’n hoëvlakvergadering oor godsdiensvervolging in Brussel het die president van die Europese Parlement (EP) gesê Europa kan nie bekostig om voort te gaan om die lot van Christene, wat duidelik die mees vervolgde groep ter wêreld is, te ignoreer nie. EP-president Martin Schulz het gesê dat die vervolging van Christene 'onderwaardeer' word en nie genoeg aandag kry nie, wat ook beteken dat dit nie behoorlik aangespreek is nie. Vir Islamiete is Christene die nuwe 'kruisvaarders' van Europa. As gevolg van Islamitiese vervolging in die Midde-Ooste het meer as 70% van Christene sedert 2003 uit Irak gevlug, en 'n verdere 700 000 Christene is gedwing om hul huise in Sirië te verlaat sedert die uitbreek van die burgeroorlog.