Rusland se adjunkminister van verdediging, Anatoly Antonov, het die familie van die Turkse president Erdogan daarvan beskuldig dat hulle direk betrokke is by die handel in olie met IS. Mnr. Antonov het gesê Turkye is die grootste koper van 'gesteelde' olie uit Sirië en Irak. Mnr Erdogan het gesê Rusland het geen reg om Turkye te 'laster' nie. Die Siriese konflik het aanleiding gegee tot 'n uitgebreide oorlogsekonomie waarin duistere ooreenkomste tussen 'n magdom vennote aangegaan word, selfs groepe wat mekaar op die slagveld veg (sien ook hierdie week se Prayer Alert World-artikel no 1). "Dit is nie moontlik om Rusland se bewerings met rede te verduidelik nie," het die Turkse premier Ahmet Davutoglu gesê, wat Rusland se aansprake verwerp het tydens 'n vergadering van sakemanne in Ankara. Amerikaanse amptenare het voorheen gesê hulle het inligting wat daarop dui dat Turkse 'middelmanne' by die onwettige IS-oliehandel betrokke is.