Die organisasie genaamd Anonymous het 'oorlog verklaar' teen IS in die nasleep van die Parys-terreuraanvalle. Hulle lek die persoonlike inligting van vermeende ekstremiste op die internet en het duisende rekeninge en webwerwe wat met die terroriste geassosieer word, afgeneem. Wêreldwyd val die media en politici IS verbaal en fisies aan, en die globale Kerk neem 'n geestelike standpunt in teen die euwel van terrorisme. Wat is nodig in hierdie tyd? Ingeligte, wyse, Gees-geleide gebede, bid in terrorisme se bronne van finansies en die geskiedenis en denkwyses van die primêre spel-wisselaars. Ons moet bewus wees van die invloede van verskeie Islamitiese sektes, en die verskillende ideologieë van individue en groepe soos IS. Hierdie week is 'n INSIG-artikel voorberei wat sommige van hierdie inligting in bondige feite sal gee om te help met ingeligte gebed. Klik op die 'meer'-knoppie om dit te lees/af te laai.