Print this page

Noorweë: Voorstel om vlugtelinge in Arktiese gebied te plaas

Europa - - 17 Sep 2015 - Print - Email

Noorse politici oorweeg dit om vlugtelinge na Svalbard, 'n Atlantiese eilandgroep en een van die wêreld se mees afgeleë gebiede, wat tans deur meer ysbere as mense bewoon word, te stuur. Plaaslike regeringsverteenwoordigers hoop dat Svalbard vlugtelinge kan ontvang en dan huisves. Die Groen Party het die goewerneur van Svalbard gevra om die wettigheid van die plan te ondersoek, wat ongedaan gemaak kan word deur die feit dat Svalbard nie deel van die Schengen-vrye bewegingsgebied is nie en dus nie mense so maklik kan vat nie. Plaaslike politici het hulle daartoe verbind om '100 persent' te werk vir 'n vinnige verwesenliking van die plan as dit wettig bewys word. Baie van die eilandbewoners is in steenkoolmyne werksaam. Espen Klungseth Rotevatn, die leier van die Groen Party op die eilande, het gesê: 'Europa is aan die brand, en dit is nou dat ons waardes en etiese standaarde op die proef gestel word.'