Europa staar die wêreld se grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog in die gesig en dit word aangedryf deur oorloë en vervolging. Verlede herfs het die EU volskaalse maritieme reddingsoperasies in die Middellandse See opgeskort, omdat hulle glo dat hul teenwoordigheid meer migrante aanmoedig om die seereis van Libië na Europa te waag. Mense het egter aanhou kom (4% toename tydens die onderbreekte reddingsmissies). Miljoene mense reis om geweld, armoede en konflik in hul vaderland te ontsnap. Hul reise het duisende sterftes veroorsaak. Die Europese Kommissie het 'n beroep op EU-lande gedoen om 40 000 migrante in te neem wat na verwagting oor die volgende twee jaar in Italië en Griekeland sal aankom. Jean-Claude Juncker, president van die EU-kommissie, het Woensdag voorgestel dat 120 000 bykomende asielsoekers onder die EU-lande verdeel moet word, met bindende kwotas. Verskeie nasies is angstig en besluiteloos oor hervestigingsprogramme vir burgers wat asiel soek en wat internasionale beskerming benodig. Sien: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-34193568