Print this page

Rusland: Amerikaanse lugmag sien Rusland as 'grootste bedreiging'

Europa - - 17 Jul 2015 - Print - Email

"Rusland is die grootste bedreiging vir die Amerikaanse nasionale veiligheid en Amerika moet sy militêre teenwoordigheid regdeur Europa versterk, selfs al staar NAVO-bondgenote begrotingsuitdagings in die gesig en besteding afskaal," het Deborah James, Amerikaanse lugmagsekretaris, Woensdag gesê na 'n reeks besoeke en vergaderings met Amerikaanse bondgenote regoor Europa, insluitend Pole. Sy het gesê Washington reageer op Rusland se onlangse 'kommerwekkende' optrede deur sy teenwoordigheid regoor Europa te versterk en sal voortgaan met rotasie-opdragte van F-16-vegeskaders. 'Dit is nie tyd om 'n gebrek aan vasberadenheid in die lig van hierdie Russiese optrede aan te dui nie.' sy het gese. Gegewe die spanning, gaan die lugmag voort met sy poging om die Amerikaanse afhanklikheid van Russiese RD-180-vuurpylenjins vir militêre en intelligensie-satellietlanserings te verminder. Sy het gesê die lugmag werk ook hard om sy wapenstelsels en netwerke teen groeiende kuberaanvalle te verdedig.