Noorweë: Bisdom wat lidmaatskapsyfers opblaas

Europa - - 17 Jul 2015 - Print - Email

Die regering van Noorweë eis $5,1 miljoen van die Oslo-bisdom as vergoeding vir wat die regering as bedrog beskou in die opgeblase rapportering van kerklidmaatskapsyfers. Die regering beweer dat die Oslo-bisdom byna $6 miljoen se staatsubsidies verkry het deur immigrante gereeld as Katolieke te registreer as hulle uit hoofsaaklik Katolieke lande kom, sonder om enige bewyse van die immigrante se werklike affiliasies te verkry. Die regering beweer dat van die 65 500 nuwe Katolieke wat tussen 2010 en 2014 deur die Oslo-bisdom geregistreer is, meer as 56 000 nie as Katolieke bevestig is nie. Na 'n regeringsklopjag op bisdomskantore, het Kerkamptenare toegegee dat hulle 'onbevredigende' metodes gebruik het om lede van die Katolieke Kerk te identifiseer, maar 'enige bewuste of opsetlike bedrog' ontken. Die bisdom het aangedui dat hy van plan is om teen die aanslag van $5,1 miljoen te appelleer, en gesê dat die saak 'wetlik ingewikkeld is'.