Histories het die Ortodokse Kerk 'n sterk invloed in Masedonië gehad. ’n Harde beleid wat daarop gemik is om godsdiensgroepe (behalwe Ortodokse, Katolieke en Moslems) te beperk, is in 1999 in die hof omvergewerp, maar sekere beperkings bly steeds. Daar is 'n behoefte aan 'n ongekende beweging van die Heilige Gees in die Masedonies-Ortodokse kerk sowel as onder alle kerke in hierdie land. Daar is 'n groot geestelike stryd aan die gang vir gelowiges wat werk om etniese Albaniërs in die land te bereik. Die teenkanting vir die evangelie is enorm en die grond van harte is hard – tog doen God wonderlike dinge in die universiteite. Bid dat die bediening die eerste Albanese studente sal sien kom na Christus in die universiteite. Bid ook dat die gelowige studente nie net evangelisasie sal doen nie, maar dissipels sal maak en geestelik volwasse sal word.