Spanje: 'Suitcase boy' land ingesmokkel, herenig met ma

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

'n Agtjarige Ivoriaanse seun wat ontdek is dat hy in 'n tas na Spanje gesmokkel is vanaf Marokko, is met sy ma herenig. Daar word gesê dat Adou Ouattara in 'n 'verskriklike toestand' was toe hy verlede maand in 'n sak sonder luggate by die Spaanse enklawe van Ceuta gevind is. Die seun se pa is gearresteer omdat hy gereël het dat sy seun gesmokkel word, maar sal op borgtog vrygelaat word. Die Marokkaanse vrou wat hom ingedra het, is ook aangehou. Die seun het DNS-toetse ondergaan voordat die Spaanse owerhede hom aan sy ma, wat wettig op Spanje se Kanariese Eilande woon, sou oorhandig. Die pa het probeer om sy seun deur wettige middele na Spanje te bring, maar sy inkomste het nie die bedrag wat deur die wet vereis word nie. Amptenare het die seun 'n jaar toegestaan om in Spanje te bly. Die voorval beklemtoon die dikwels desperate, gevaarlike middele wat migrante gebruik om deur Ceuta en nog 'n Spaanse enklawe, Melilla, in Europa te probeer kom.