Hongarye: Europa verloor Christelike identiteit

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

Hongarye se eerste minister Victor Orban, wat vrese uitgespreek het dat migrasie Europa se Christelike identiteit sal ondermyn, het Vrydag aan Egipte se besoekende president gesê dat hy nietemin Islam respekteer 'as een van die groot intellektuele en geestelike skeppings van die mensdom. Op baie plekke in Europa is daar vandag vrees vir Islam, bowendien is daar plekke waar dit as 'n vyand beskou word. Hongarye is nie so 'n land nie.' Orban het ook aan die Egiptiese president Abdel-Fattah el-Sissi gesê dat Egipte nodig is vir stabiliteit in die Arabiese wêreld en 'sedert afstande in die moderne wêreld gekrimp het, is daar geen stabiliteit in Europa sonder 'n stabiele Egipte nie.' Tydens hul ontmoeting het die twee lande verskeie samewerkingsooreenkomste onderteken en Orban het gesê Hongarye sal beurse aan 100 Egiptiese studente verskaf.