Frankryk: Islamiete het Joodse winkel 'trefferlys' en kernbomhandleiding gehad

Europa - - 09 Jun 2015 - Print - Email

Veertien lede van 'n verbode Islamitiese groep het Maandag in Parys tereggestaan op aanklagte van terreur nadat die polisie 'n 'trefferlys' gevind het van Joodse winkels gemerk 'teikens' in lêers wat aan sy leier behoort. Verskeie van die winkels het aan die Hyper Cacher-ketting behoort, soos die een waarin vier mense twee dae ná die Islamitiese moorde by Charlie Hebdo in ’n gyselaarsdrama vermoor is. Die veertien word aangekla van kriminele sameswering wat verband hou met 'n terroriste-onderneming. Sommige staan ook tereg op aanklagte van onwettige besit van wapens. Almal staar tronkstraf van tien jaar in die gesig indien skuldig bevind. Een van die groep se gerapporteerde simpatiseerders, Omar Diaby, is 'n top-werwingsersant van Franse Islamiete vir al-Nusra Front, die Siriese jihadistiese groep.