Print this page

Hoofde van kerke roep Oekraïners op om korrupsie te beveg

Europa - - 09 Apr 2015 - Print - Email

Hoofde van elf Evangeliese kerke het mense gevra om nie omkoopgeld te gee of te neem nie en korrupsie teen te staan, die grootste innerlike vyand van Oekraïne, berig The Christian Telegraph met verwysing na die Instituut vir Godsdiensvryheid. 'Verliese as gevolg van korrupsie is groot. Die sonde van diefstal vernietig ons volk wreed. Die ervaring van ander lande het getoon dat alle goeie veranderinge in 'n persoon se lewe of die lewe van die hele nasie begin met veranderinge in die wêreldbeskouing,' lui die beroep wat deur die Alliansie van Evangeliese Protestantse Kerke van Oekraïne gemaak is. Die hoofde van die Evangeliese kerke het die belangrikheid van gesonde geestelike riglyne, wat die Bybel bevat, opgemerk. Alle amptenare moet 'die eed van staatsamptenare onthou, en, wat belangriker is, die verantwoordelikheid voor die Almagtige Skepper en Here'. die ministers het 'n beroep op die regering gedoen om deursigtige hervorming van 'howe, plaaslike regerings en ander belangrike komponente van die staat' te maak.