Italiaanse vloot tel duisende migrante op

Europa - - 03 Jul 2014 - Print - Email

Meer as 5 000 migrante is die afgelope 48 uur deur die Italiaanse vloot opgetel in verskeie reddingsoperasies tussen Sisilië en Noord-Afrika. Maandag is sowat 30 lyke in een van die trekbote gevind, het Italiaanse nuusagentskappe berig met verwysing na die vloot en kuswag. Die redders het die grusame ontdekking gemaak toe hulle op 'n vissersboot geklim het wat ongeveer 590 vlugtelinge en migrante vervoer het. Die immigrante het glo aan versmoring gesterf, het die nuusagentskappe gesê. Dit is nie die eerste keer dat Italiaanse redders migrante dood op die oorvol bote gevind het nie, maar nog nooit tevore het hulle soveel liggame in een boot gevind nie. Die afgelope naweek is meer as 1 600 migrante deur Italiaanse owerhede gered, wat die totale aantal migrante wat tot dusver vanjaar gered is op meer as 60 000 te staan bring. Die getal sal na verwagting verby die rekord 63 000 styg wat in 2011 tydens die Arabiese Lente-opstande opgestel is.

  • Pray: for the ongoing situation involving migrants from North Africa. Pray for the authorities, that ways will be found to help resettlement. (Ps.44:26)