Rusland: Gasvoorrade 'nie gewaarborg nie', waarsku EU-kommissaris

Europa - - 07 Mei 2014 - Print - Email

'n Eerste bemiddelingspoging deur die EU tussen Rusland en die Oekraïne oor hul gasprysgeskil op 2 Mei in Warskou het geëindig met geen ander resultate as die bereidwilligheid om weer te vergader nie. Op 'n vraag oor die atmosfeer in die vergadering, het 'n woordvoerder gereageer, 'ons is almal volwassenes' en beklemtoon die bereidwilligheid van beide kante om weer middel Mei te vergader. Die kern van die huidige dispuut is hoeveel Oekraïne skuld en moet betaal vir huidige en toekomstige gaslewerings vanaf Rusland. Met pro-Russiese separatiste wat Oekraïense helikopters neerskiet en Wladimir Poetin verklaar dat 'n vredesooreenkoms in Genève 'nie meer geldig is nie', is die kanse op 'n oplossing vir die gasgeskil egter laag. Oekraïne se minister van energie het gesê die verdubbeling van die gasprys deur Rusland is 'diskriminerend' en 'beledigend' en dat Kiëf die saak na die internasionale hof van arbitrasie in Stockholm sal neem.

  • Pray: for a positive speedy settlement of this and all disputes between Russia and her neighbours through honest, transparent, negotiations. (Pr.6:16-19)