Gewelddadige ekstremisme Europa se grootste veiligheidsbedreiging

Europa - - 31 Jan 2013 - Print - Email

Gewelddadige ekstremisme, wat sedert die Tweede Wêreldoorlog op sy hoogste vlak in Europa is, word die vasteland se grootste veiligheidsbedreiging, het die Europese Unie se uitvoerende liggaam gesê. In 'n toespraak op die vooraand van samesprekings oor hoe om ekstremisme op te spoor en te voorkom, het die EU se kommissaris vir binnelandse sake Cecilia Malmstroem die EU 'om op te staan en ons waardes te beskerm wat nou in baie lande in Europa uitgedaag word'. Sy het gesê dat 'daar 'n groei van ekstremisme, xenofobie, anti-Semitisme, haat en nasionalisme was'. Volgens News 24 het sy bygevoeg dat 'nie sedert die Tweede Wêreldoorlog het ekstreme en populistiese magte soveel invloed op die nasionale parlemente gehad as wat hulle vandag het nie. In sommige lande is selfs neo-Nazi's verkies'. Sy het gesê dat as die neiging voortduur, volgende jaar se Europese verkiesing hierdie kragte verder kan versterk, wat die hele Europese projek bedreig.

Bid: teen hierdie groeiende neiging van ekstremisme regoor Europa. (2Sam.22:3)

Meer: http://newstrackindia.com/newsdetails/2013/01/29/233-Violent-extremism-Europe-s-top-security-threat-warns-EU-s-executive-body-.html