Terwyl kolonel Gaddafi in Rome was op 'n amptelike staatsbesoek ter viering van die tweede herdenking van 'n vriendskapsverdrag wat met Italië onderteken is, het hy gesê dat Islam 'die godsdiens van die hele Europa moet word'. Die sekretaris van die Vatikaan se Kongregasie vir Evangelisasie, aartsbiskop Robert Sarah het die opmerkings afgemaak as 'n 'nie-gevraagde provokasie sonder erns nie. Om te praat van die Europese vasteland wat tot Islam bekeer het, maak geen sin nie, want dit is die mense alleen wat bewustelik besluit om Christen, Moslem te wees of om ander gelowe te volg', het hy gesê. Die ware gevaar vir Europeërs was relativisme, 'n gebrek aan aandag aan geloof, die swakheid van godsdiens en 'n onverskilligheid teenoor die heilige. Dit is ware vyande vir ons geloof wat 'n vrugbare grond kan skep vir die uiteindelike toekomstige penetrasie van Islam in die hele Europa.
Bid: vir 'n Christelike herlewing in Europa, wat Christene in staat stel om die jare wat deur sekularisme, mammon en afgodery verteer is, terug te eis. (Joël 2:25 )
Meer: http://www.christiantoday.com/article/vatican.dismisses.gaddafis.call.for.europe.to.convert.to.islam/26612.htm