Vatikaan sê Christene in die Midde-Ooste word geïgnoreer

Europa - - 13 Jun 2010 - Print - Email

'n Werksdokument wat tydens Pous Benedictus XVI se pelgrimstog na Ciprus vrygestel is om voor te berei vir 'n krisisberaad van Midde-Oosterse biskoppe in Rome in Oktober, noem ook die 'ekstremistiese stroom' wat deur die opkoms van 'politieke Islam' ontketen is as 'n bedreiging vir Christene. In sy laaste Mis in Ciprus Sondag het die pous gesê hy bid dat die Oktober-vergadering die aandag van die internasionale gemeenskap sal fokus 'op die lot van daardie Christene in die Midde-Ooste wat vir hul oortuigings ly'. Hy het 'n beroep gedoen op 'n 'dringende en gesamentlike internasionale poging om die voortdurende spanning in die Midde-Ooste, veral in die Heilige Land, op te los voordat sulke konflikte tot groter bloedvergieting lei'.

Bid: dat die Heilige Gees vrede sal gee aan diegene wat ly vir hul geloof in die Midde-Ooste. (2Th.1:5)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/newstopics/religion/7807115/Christians-in-Middle-East-are-ignored-Vatican-claims.html