Compass Direct News (CDN) berig dat Christene in Turkye, ondanks 'n paar belowende verwikkelinge, steeds gebuk gaan onder aanvalle van private burgers, diskriminasie deur laer-vlak regeringsamptenare en belastering in beide skoolhandboeke en nuusmedia, volgens 'n studie deur 'n Protestantse groep . In sy jaarlikse verslag oor menseregteskendings, merk die land se Vereniging van Protestantse Kerke gemengde aanwysers van verbetering op, maar sê dat daar 'n 'wortel van onverdraagsaamheid' in die Turkse samelewing is teenoor aanhangers van nie-Islamitiese gelowe. 'Die verwydering van hierdie wortel van onverdraagsaamheid is 'n dringende probleem wat nog wag om hanteer te word,' lui die verslag. "Daar is nog baie ruimte vir verbetering," sê Mine Yildirim, 'n lid van die regskomitee vir die vereniging. Die verslag het 12 aanvalle teen Christene in 2011 gedokumenteer, insluitend voorvalle waarin individue in Istanbul geslaan is omdat hulle hul geloof gedeel het, kerklede gedreig is en kerkgeboue aangeval is. Nie een van die aanvallers is aangekla nie.
Bid: vir Christene in Turkye dat God hulle sal beskerm teen diskriminasie en geestelike aanvalle. (Ps.86:14)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/turkish.christians.still.experiencing.discrimination/29341.htm