'n Europawye inisiatief om studente na Christus te bring, het 'n entoesiastiese reaksie ontvang. Die Fellowship of Evangelists in the Universities of Europe (FEUER) word gesamentlik gelei deur die International Fellowship of Evangelical Students (IFES) en UCCF: The Christian Unions. FEUER het in 2008 aan die gang gekom en is in die middel van 'n veldtog om in 25 maande universiteitssendings in 25 groot stede in 25 lande te hou. Evangeliste gee evangelieaanbiedings regoor die kontinent onder leiding van Lindsay Brown, Internasionale Direkteur van die Lausanne Beweging, Richard Cunningham, Direkteur van UCCF, en Martin Haizmann, IFES Europe Streeksekretaris. Duisende studente het evangelieaanbiedings by meer as 90 sendings in Britse universiteite gehoor. In die afgelope ses maande is sendings ook in Pole, Roemenië, Armenië en Malta gehou, met laasgenoemde by die Maltese eerste minister.
Bid: vir die voortgesette sukses van hierdie inisiatief. (2Tim.4:5b)