Die aantal geassisteerde selfmoorde vir Switserse inwoners het in die bestek van 11 jaar met 700 persent gestyg, volgens nuwe syfers. In wat glo 'n eerste is, het Switserland se Federale Statistiekkantoor amptelike statistieke gepubliseer wat wys hoeveel mense hul lewens beëindig het deur bystand te sterf tussen 1998 en 2009. Byna 300 Switserse inwoners het eers in die jaar 2009 op hierdie manier gesterf, vergeleke met net 43 in 1998. Die oorgrote meerderheid mense was ouer as 55, en die syfers het ook getoon dat vroue meer geneig is om deur geassisteerde selfmoord vermoor te word as mans. Syfers van Dignitas, 'n Switserse selfmoordkliniek, het getoon dat die organisasie 1 298 mense gehelp het om selfmoord te pleeg tussen 1998 en 2011. Die nuus volg op 'n debat in die Laerhuis verlede week, waar 'n poging om die wet teen geassisteerde selfmoord te ondermyn eenparig verwerp is deur LP’s. Die Commons het eenparige steun gegee aan 'n wysiging wat die ontwikkeling van spesialis palliatiewe sorgdienste aanmoedig.
Bid: dat hierdie groeiende neiging gestuit sal word. Bid ook vir die aanvaarding van spesialis palliatiewe sorg soos wat in die VK ingestel is. (Spr.15:24)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/swiss-assisted-suicides-rise-sevenfold-in-11-years/