Spanje: Wêreldjeugdag

Europa - - 18 Aug 2011 - Print - Email

Ongeveer 'n miljoen jong Katolieke van regoor die wêreld stroom Madrid in vir vyf dae van gebede, optogte en leer. Wêreld Jeugdag het Dinsdagaand geopen met 'n meertalige Mis in Madrid se Plaza de Cibeles. Die jeugdiges is verwelkom deur die aartsbiskop van Madrid wat vir hulle gesê het hulle is deel van die geslag van Pous Benedictus XVI. Hy het gesê: 'Jou plek in die lewe het sy eie kenmerke. Jou probleme en omstandighede het verander. Moenie bang wees om 'n heilige te wees nie, laat Christus in jou hart woon. Reageer op Hom met 'n 'ja' wat vol opgewondenheid en vrygewigheid van die lewe is.' President van die Pouslike Raad vir die Leek het gesê: 'Jy het gekom om hardop vir die hele wêreld, en veral vir Europa, wat tekens toon dat dit baie verlore is, jou onwrikbare 'ja' sê. Ja, geloof is moontlik,'

Bid: vir die 4 000 pelgrims om hul geloof te herontdek en te versterk en dan bemoedigers vir hul broers en susters regoor Europa te wees. (Ps.24:7)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/world.youth.day.gets.underway.in.madrid/28451.htm