By 'n begraafplaas in Barcelona het vragmotors opgedaag vir 'n hofbevel opgrawing. Regoor Spanje maak amptenare die kiste van dooie pasgebore babas oop om te sien of daar enige menslike oorskot binne is, baie van die kiste was leeg. Spanje steier onder een van die ergste misdade sedert die Tweede Wêreldoorlog. Dit staan bloot bekend as 'los bebés robados', die gesteelde babas. Die blote omvang daarvan is verbysterend: miskien 300 000 Spaanse babas is by geboorte van hul moeders geneem en op die swartmark verkoop. Vanaf die Franco-diktatuur in 1939 en voortgeduur tot die 1990's, is pasgeborenes uit hospitale gesteel en verhandel deur 'n netwerk van dokters, verpleegsters, priesters en nonne. Die behandelende verpleegster sou die pasgebore baba by die moeder neem om dit te ondersoek of skoon te maak. Die verpleegster sou terugkom met 'n dooie baba wat in 'n vrieskas by die hospitaal gehou is as bewys dat die kind dood is.
Bid: vir God se vergifnis vir almal wat hierdie misdade gepleeg het en genesing vir die betrokke moeders en kinders. (Tit.3:11)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/October/Spains-Secret-Shame-Baby-Black-Market-Exposed/