Ses Europese lidlande loods gesamentlike aksie teen Google

Europa - - 05 Apr 2013 - Print - Email

Die Financial Times berig dat die EU se grootste databeskermingsowerhede 'n gesamentlike aksie teen die internetreus Google geloods het, in 'n stap om die maatskappy se voldoening aan EU-privaatheidsreëls af te dwing waarvan hy na bewering in stryd is. Die koerant sê dat die besluit die EU se eerste gekoördineerde en formele prosedure deur lidlande teen 'n enkele maatskappy is en beklemtoon toenemende frustrasie met Google. Die Washington Post berig dat Google moontlike boetes in die gesig staar nadat ses lidlande - Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Italië, Spanje, Nederland - vergaderings met die internetsoekenjinmaatskappy gehou het wat 'geen veranderinge' opgelewer het nie.

Bid: vir 'n regverdige uitkoms in hierdie aksie teen 'n multinasionale maatskappy wat glo dat hy al die regte het. (Pred.5:8)

Meer: http://www.theparliament.com/press-review-article/newsarticle/six-member-states-launch-joint-action-againstgoogle/