Print this page

Serwië: Parlement vra om verskoning vir Srebrenica-slagting

Europa - - 19 Mei 2010 - Print - Email

Serwië se parlement het om verskoning gevra vir die slagting van 8 000 Moslems deur Bosnies-Serwiese magte in die Bosniese dorp Srebrenica in 1995. Maar die verklaring noem die misdaad nie direk 'volksmoord', soos oorlewendes geëis het nie. Na 13 uur se debat het Serwië se parlement 'n resolusie aanvaar wat Europa se ergste bloedbad sedert die Tweede Wêreldoorlog veroordeel. Twee-derdes van die wetgewers het gestem vir 'n verklaring wat volgens ontleders jare se ontkenning deur Serwiese politici oor die omvang van die moorde beëindig. Ongeveer 8 000 Moslem mans en seuns is dood nadat Bosnies-Serwiese magte die Bosniese dorp Srebrenica in 1995 oorrompel het. Die teks van die resolusie sê: 'Die parlement van Serwië veroordeel ten sterkste die misdaad wat in Julie teen die Bosnies-Moslem bevolking van Srebrenica gepleeg is, 1995.' Wetgewers het ook 'hul medelye en 'n verskoning aan die families van die slagoffers uitgespreek omdat nie alles moontlik gedoen is om die tragedie te voorkom nie.'

Bid: dat hierdie verskoning 'n begin sal bring vir die genesingsproses vir almal wat geraak word. (Ps.79:8-9)

Meer: http://www1.voanews.com/english/news/europe/Serbias-Parliament-Apologizes-for-Srebrenica-Massacre-89593407.htm