Rome: Pous veroordeel aanvalle in Nigerië, Filippyne

Europa - - 17 Jan 2011 - Print - Email

Pous Benedictus XVI het Sondag die 'absurde geweld' teen Christene betreur ná aanvalle op kerke in Nigerië en die Filippyne oor die Kersvakansie. "Dit was met groot hartseer dat ek verneem het van die aanval op 'n Katolieke Kerk in die Filippyne tydens die vieringe vir Kersfees en ook teen Christelike kerke in Nigerië," het die Pous gesê. "Die aarde is weereens met bloed bevlek soos ons in ander dele van die wêreld gesien het," het Benedictus bygevoeg in sy Angelus-toespraak by die Vatikaan, terwyl hy sy medelye met die slagoffers van die 'absurde geweld' betoon het.

Bid: vir die beskerming van gelowiges regoor die wêreld terwyl hulle te staan kom vir geweld en aanvalle op hul geloof. (2Tim.4:18)

Meer: http://www.google.com/hostednews/afp/article/ALeqM5gpn2l1BB_h8zNXlY2GlFXeYD9ndA?docId=CNG.78e0d6ea454a7aaf3314a8dbd2c58027.601