Print this page

Verslag dui op afname in geloof

Europa - - 03 Mei 2012 - Print - Email

’n Nuwe verslag van die Universiteit van Chicago het lig gewerp op die groei van ateïsme in Europa. Die verslag van die universiteit se Nasionale Opinie Navorsingsentrum (NORC) het ook bevind dat geloof in God sterker is onder ouer mense as jonger geslagte. Die bevindinge is gebaseer op 'n ontleding van opnames wat in 1991, 1998 en 2008 in 30 lande gedoen is. Lande met die grootste ateïstiese bevolkings was geneig om in Noordwes-Europa of voormalige kommunistiese state te wees, terwyl lande met minder ateïste geneig was om in die ontwikkelende wêreld te wees , met die uitsondering van die VSA, Israel en Ciprus. Swede, Letland, Denemarke, Brittanje en Noorweë het van die hoogste proporsies ateïste gehad. Die studie het bevind dat geloof in God in die meeste lande afgeneem het, hoewel dit bygevoeg het dat die dalings 'taamlik beskeie was, veral as dit op 'n jaargrondslag bereken word'.

Bid: dat die vuur van die Heilige Gees oor Europa sal val en nuwe lewe aan God se kerk sal bring. (Es.9:9b)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/report.points.to.decline.in.belief/29724.htm