Pous Benedictus XVI het formeel 'n nuwe Vatikaan-kantoor geskep om die Christendom in Europa te laat herleef, sy jongste poging om sekulêre neigings in tradisioneel Christelike lande teë te werk. In 'n dekreet het Pous Benedictus gesê die nuwe kantoor sal Kerkleer bevorder, die media gebruik om die Kerk se boodskap uit te kry en sending-tipe aktiwiteite te mobiliseer. Maar selfs op sy eerste bestaansdag het die Pouslike Raad vir die Nuwe Evangelisasie 'n probleem gehad: Die vier-bladsy dekreet wat die amp instel, is slegs in Latyn en Italiaans uitgereik. Die hoof van die nuwe kantoor, Monseigneur Rino Fisichella, het beklemtoon dat hy beplan om taalafdelings in sy departement te hê om die gelowiges in Engels, Spaans, Frans, Portugees, Italiaans, Duits en Slawiese tale te hanteer. Hy het ontken dat die totstandkoming van die kantoor 'n blote burokratiese poging was om 'n komplekse kulturele verskynsel reg te stel, en gesê die pous het 'n skerpsinnige, pastorale besluit geneem om die aandag te vestig op 'n groeiende probleem wat pouse al dekades lank besig gehou het.
Bid: dat die Pous se inisiatief suksesvol sal wees, wat nasies sal lei om Christelike voorskrifte te volg. (Ef.3:8)