Pous Benedictus XVI sê die kindermishandelingskandale dui daarop dat die grootste bedreiging vir Katolisisme van 'sonde binne' die Kerk kom. Hy het sy opmerkings gemaak in antwoord op 'n vraag terwyl hy na Portugal op pad was vir 'n vierdaagse reis waarin hy opelugmis in Lissabon sowel as by die Katolieke heiligdom van Fatima en in Porto gaan vier. Kritici het voorheen die Vatikaan daarvan beskuldig dat hy probeer het om die media en die Kerk se opponente te blameer vir die eskalasie van die skandaal. 'Vandag sien ons op 'n werklik skrikwekkende manier dat die grootste vervolging van die Kerk nie van vyande van buite kom nie', het die pous aan verslaggewers gesê op 'n vliegtuig op pad na Portugal. Benedictus het gesê die Kerk het ''n baie diep behoefte' om te erken dat dit boete moet doen vir sy sondes en 'suiwering moet aanvaar'. Hy het egter bygevoeg dat vergifnis nie 'n plaasvervanger vir geregtigheid moet wees nie.
Bid: vir die Katolieke Kerk aangesien dit te staan kom vir baie diep behoeftes van vergifnis en bekering. (2Kor.7:10)