Pous Franciskus: Alle gelowiges word geroep om die Evangelie te deel

Europa - - 03 Des 2013 - Print - Email

Pous Franciskus het amptelik sy eerste Apostoliese Vermaning, Evangelii Gaudium (die Vreugde van die Evangelie), by 'n perskonferensie in Rome aangebied. Die Vermaning merk die einde van die Jaar van Geloof wat deur Katolieke regoor die wêreld gevier word, en is Sondag deur die Pous aangebied. Dit het ten doel om gelowiges aan te moedig om 'n nuwe hoofstuk van evangelisasie aan te pak wat deur vreugde gekenmerk word, en bied 'n visie vir die lewe van die Kerk in die toekoms. In die dokument verklaar Pous Francis dat alle Katolieke geroep is om die Evangelie te verkondig en om die verantwoordelikheid om te evangeliseer as hulle eie te sien. Hy herinner die gelowiges daaraan dat 'die woord van God ons voortdurend wys hoe God diegene wat in Hom glo, uitdaag om voort te gaan'. Hy noem God as 'die bron en inspirasie van al ons pogings tot evangelisasie', en sê om 'n 'waardige en vervullende lewe' te lei, moet ons uitreik na ander.

Bid: dat die Kerk die verantwoordelikheid van evangelisasie sal aanvaar soos deur die Pous aangemoedig. (Kol.2:2)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/pope.francis.first.apostolic.exhortation.all.believers.are.called.to.share.the.gospel/34829.htm