Pole: Holocaust-ontkenner toer Nazi-terreine

Europa - - 24 Sep 2010 - Print - Email

Aanklaers in Pole sê 'n Britse historikus wat die Holocaust ontken, toer op plekke in die Tweede Wêreldoorlog, insluitend voormalige Nazi-doodkampe. Die skrywer David Irving lei 'n groep op 'n besoek aan die kampe en ander terreine van die Tweede Wêreldoorlog, maar stel nie sy presiese reisplan bekend nie. Pole se Nasionale Herinneringsinstituut het op 22 September gesê sy aanklaers weet waar Irving is. Die Instituut se woordvoerder, Andrzej Arseniuk, het gesê aanklaers hou sy openbare verklarings dop vir enige oortredings van die wet wat die ontkenning van die Holocaust verbied. Oortredings word vervolg en kan tronkstraf van tot drie jaar tot gevolg hê. Irving is in 2006 ingevolge 'n soortgelyke wet in Oostenryk skuldig bevind en het 13 maande tronkstraf uitgedien.

Bid: dat skeptici oor die gruwels van die goddelose Holocaust deur die Heilige Gees gered word van die pad wat hulle geneem het. (Gal.4:11)

Meer: http://www.nytimes.com/aponline/2010/09/22/world/AP-EU-Poland-Holocaust-Denier.html?_r=1&ref=global-home