Die Lutherse Kerk van Noorweë sal in die volgende vyf jaar 'n plan implementeer om die rol van die inheemse Sami-bevolking in die kerklewe te versterk. "Ons wil hê dat die Samiese kerklewe 'n gelyke en natuurlike deel van die kerk moet wees, en dat die Kerk van Noorweë 'n multikulturele gemeenskap moet wees," het Jens-Petter Johnsen, direkteur-generaal van die Kerk van Noorweë Nasionale Raad, gesê. Die Sami is inheemse volke in Noord-Noorweë, Swede en Finland, en op die Kola-skiereiland in Rusland. Daar is na raming 50 000 tot 65 000 Sami in Noorweë, wat hul tradisionele lewe in landelike gebiede lei, maar ook in Oslo en ander stede woon. Die Sami-taal behoort aan die Fino-Oegriese familie. Maniere om die rol van die Sami in die kerklewe van 2012 tot 2016 te versterk, sal die skep van nuwe poste vir pastore, diakens en ander kerkwerkers, onderrig van die Sami-taal en programme van werwing, liturgie, Bybelvertaling en kerkgeskiedenis wees.
Bid: vir 'n kragtige salwing oor hierdie inisiatief en beskerming vir almal wat betrokke is by die bou van God se kerk in hierdie streek. (Ps.65:2)
Meer: http://www.eni.ch/news/