Die nuut aangestelde hoofsekretaris van die Europese Evangeliese Alliansie sê herlewing is noodsaaklik vir Europa se tradisionele kerke. Ds Niek M Tramper is op 22 April by die EEA se jaarlikse konferensie in Turkye in sy nuwe pos aangestel. Ds Tramper, van Nederland, het gesê daar is baie uitdagings wat die Kerk in Europa in die gesig staar, insluitend die behoefte aan groter samewerking tussen nuwe en tradisionele vorme van Kerk, 'n groeiende Moslembevolking, en spanning tussen ryk en arm. "Die Kerk en Christelike bewegings het mekaar nodig om die Koninkryk van God te bevorder," het ds Tramper gesê. 'Tradisionele kerke kan nie voortgaan sonder herlewing nie. Diepgaande teologie en sendingywer is aanvullend. Op plekke met min historiese kerke is die EEA van groot waarde vir die fasilitering van die herplanting van kerke in lande soos Kosovo, Albanië en Turkye, sowel as in Sentraal-Asië.'
Bid: dat die Here ds Tramper se energie en visie rig op maniere wat Christus se koninkryk bevorder. (2Ti.3:9-11)