Die Europese Evangeliese Alliansie (EEA) het die Europese Unie se aanvaarding van riglyne oor die bevordering en beskerming van godsdiensvryheid verwelkom. Die riglyne is Maandag op 'n vergadering in Luxemburg deur die ministers van buitelandse sake van al 27 EU-lidlande aanvaar. Hulle is ontwikkel in oorleg met die European Platform on Religious Intolerance and Discrimination (EPRID), wat in 2006 gestig is deur die EEA, Open Doors International en Christian Solidarity Worldwide. Die fokus van die riglyne is op die eksterne beleid van die Europese Unie wat verband hou met die begrip, monitering en bevordering van vryheid van godsdiens of geloof en die bewusmaking van hierdie reg in nie-EU-lande. Die EEA het gesê dat die riglyne die EU se vermoë om godsdiensvryheid te verdedig sal versterk deur die oorsake van oortredings aan te spreek en antwoorde te formuleer. Slagoffers van godsdiensvryheidskendings sal ook in 'n sterker posisie wees om EU-afvaardigings en lidlande se ambassades te vra om namens hulle in te gryp.
Bid: dat die aanvaarding van hierdie nuwe riglyne die EU se vermoë sal versterk om godsdiensvryheid te verdedig. (Jak.2:12)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/new.eu.guidelines.on.religious.freedom.welcomed/32964.htm