Nederland: Mobiele genadedoodspanne word oorweeg

Europa - - 08 Des 2011 - Print - Email

Planne om mobiele mediese spanne in te stel wat mense in hul eie huise kan genadedood word deur die Nederlandse regering oorweeg. Die spanne dokters en verpleegkundiges sal uit 'n kliniek gestuur word na 'n verwysing van die pasiënt se dokter. Die voorstelle is deur Edith Schippers, die minister van gesondheid, bekend gemaak. In 'n skriftelike antwoord op vrae van Christen Unie-LP's het sy gesê dat mobiele eenhede 'vir pasiënte wat aan die kriteria vir genadedood voldoen, maar wie se dokters nie bereid is om dit uit te voer', oorweging waardig is. 'As die pasiënt dit wenslik dink, kan die dokter hom of haar na 'n mobiele span of kliniek verwys,' het die minister geskryf. In haar skriftelike antwoord het me Schippers voorgestel dat 'ekstra kundigheid' ontbied kan word in ingewikkelde sake wat geestesgesondheidsprobleme behels of 'n onvermoë om tot genadedood toe te stem as gevolg van demensie.

Bid: teen hierdie stap deur die Nederlandse regering wat die beskikbaarheid van genadedood verhoog. (Lev.24:17)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/europe/netherlands/8938917/Mobile-euthanasia-teams-being-considered-by-Dutch-government.html