’n Christelike staatsamptenaar is deur die Nederlandse stad Den Haag afgedank omdat hy op Bybelse gronde geweier het om toesig te hou oor selfdegeslaghuwelike. Wim Pijl het Dinsdag gesê hy sal regstappe teen die afdanking neem ondanks parlementêre steun vir gay troues. "Vir my is dit 'n persoonlike saak," verduidelik Pijl. Hy het ook aan verslaggewers gesê dat God selfdegeslaghuwelike teenstaan. "As 'n Christen het ek uit die Bybel geleer dat daar net een huwelik is, tussen 'n man en 'n vrou." Die Haagse stadsregering het by monde van 'n woordvoerder gesê hy het geen ander keuse as om Pijl af te dank nie, aangesien hy 'geweier het om sy opmerkings terug te neem'. Nederland het 104 staatsamptenare wat weier om selfdegeslag huwelikseremonies uit te voer, volgens die Nederlandse gayregtegroep COC.
Bid: vir Pijl en ander wat opstaan vir hul Christelike oortuigings. Mag die Here hulle bemagtig om vas te staan. (Ps.37:23)