Byna 15 000 Franse burgemeesters sal weier om gay paartjies te trou

Europa - - 25 Apr 2013 - Print - Email

'n Groep van minstens 14 900 Franse burgemeesters het gesê hulle sal nie 'gay huwelike' uitvoer nie, selfs al gaan die regering voort met planne om die praktyk te wettig, berig Catholic News Agency. Die administrasie van die Franse president Francois Hollande het 'n maatreël voorgestel wat 'gay-huwelike' wettig, gay paartjies toelaat om mediese behandeling vir kunsmatige voortplanting te ontvang en kinders aan te neem. “Dit is dwaas om te dink dat die mobilisering van die verkose burgemeesters sou stop as die wet aanvaar word,” sê Franck Meyer, woordvoerder van die vereniging Burgemeesters vir Kinders. "As burgers sal ons verkose amptenare nie tou opgooi nie," het hy in verklarings aan die media beklemtoon. Meyer, wat burgemeester van Sotteville-sous-le-Val in die noorde van Frankryk is, het opgemerk dat sommige van die burgemeesters in die groep gesê het hulle sal bedank as die wet aanvaar word, terwyl ander gesê het dat hulle sal weier om huwelikseremonies daarvoor uit te voer. - seks paartjies.

Bid: vir die Franse burgemeesters wat standpunt inneem teen gay huwelike. Bid dat hul besluit druk op die regering sal bring. (Heb.13:4)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue19441.html