Print this page

Kasakstan: Druk op 'nie-tradisionele gelowe' vererger

Europa - - 08 Okt 2010 - Print - Email

Die Kazakh regering gaan voort om druk uit te oefen op buitelandse sendelinge wat probeer om visums te kry om in die land te bly. Die Kazakh Kerk is voorbereid dat sake erger sal word. 'Buitelandse betrokkenheid vir die doel van sendingwerk in Kazakstan word al hoe moeiliker om te gebeur,' bevestig Eric Mock, vise-president van Ministerie Operasies vir Slawiese Evangelievereniging. Noorse nuusnetwerk Forum 18 dra 'n aantal gevalle oor waarin die Kazakse regering visums aan buitelandse sendelinge van verskeie minderheidsgelowe geweier het. ’n Sendingvisum, soos dit is, duur net 180 dae en kan nie hernu word nie. Mock sê daar is 'n mate van vrees dat die visums selfs meer beperkend sal word. Met duidelike minagting teenoor die teenwoordigheid van evangeliese Christelike sendelinge sowel as sendelinge van ander minderheidsgelowe, moet die Kerk voorberei vir enige verandering.

Bid: dat God die gees van vrees van die Kazakse regering oor 'nie-tradisionele' denominasies sal ophef. (Hand.10:34-35)

Meer: http://www.mnnonline.org/article/14804