Italië/EU: Beskerm migrante se menseregte

Europa - - 17 Feb 2011 - Print - Email

Amnestie Internasionaal doen 'n beroep op die owerhede in Italië en die Europese Unie om die menseregte te beskerm van duisende migrante uit Tunisië wat op die Italiaanse vasteland en die eiland Lampedusa aankom. Meer as 4 000 mense het die afgelope dae in Italië aangekom ná politieke onrus in hul land. Daar was voorheen baie berigte van asielsoekers se regte wat in Italië misbruik is ná hul aankoms van lande rondom die Middellandse See. Nicola Duckworth, Amnesty International se Europa-programdirekteur, het gesê: 'Terwyl ons die uitdagings erken om baie groot en gemengde migrasiestrome te hanteer, moet die betrokke owerhede verseker dat vorige gevalle van misbruik van asielsoekers se regte nie herhaal word nie. Niemand moet met geweld geskors word na 'n plek waar hulle ernstige menseregtevergrype in die gesig staar, of sonder voldoende inagneming van hul omstandighede en behoeftes aan beskerming nie. Enige besluit om 'n persoon aan te hou moet individueel oorweeg word.'

Bid: vir almal wat deur die onrus in Tunisië en regoor die Midde-Ooste ontheem is. (Ps.12:7)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/14155