Groen week 2010: biodiversiteit dinkskrum

Europa - - 07 Jun 2010 - Print - Email

Hoe om die verlies aan biodiversiteit te stop sonder om menslike ontwikkeling te belemmer, is een van die grootste raaisels van die moderne tyd. Kenners van regoor die wêreld het vandeesweek in Brussel bymekaargekom om oor die probleem te dinkskrum. Die VN het ook 2010 as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit aangewys. Meer as 3000 wetenskaplikes, sakeleiers, omgewingsadvokate en regeringsamptenare neem deel aan die forum, genaamd Groen Week. Biodiversiteit verwys na die oorvloed en verskeidenheid van plant- en dierspesies en hul habitatte. 'n Groot aantal en wye verskeidenheid natuurlike habitatte en spesies is noodsaaklik vir die instandhouding van die aarde se ekosisteme. Mense het massiewe verliese in biodiversiteit veroorsaak, hoofsaaklik deur plant- en dierehabitatte te vernietig. Die VN skat dat spesies nou teen 100 tot 1000 keer die natuurlike uitsterwingsyfer verdwyn. ’n Derde van die 1,75 m bekende dier- en plantspesies word bedreig.

Bid: dat hierdie forum tot beduidende vooruitgang sal lei tot voordeel van die wêreld waarin ons leef. (Gen.1:26-31)

Meer: http://ec.europa.eu/news/environment/100601_en.htm